Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lion Tree Top Lodge

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lion Tree Top Lodge is geleë in 'n privaat natuurreservaat in die hartjie van 'n area waar wild volop is. Die natuurreservaat is langs die Krugerwildtuin se westelike grens in Limpopo. By ons kan jy rustigheid en hartlike Afrika-gasvryheid geniet en boonop ons witleeus ontmoet!

Dié lodge is 'n klein eksklusiewe lodge wat 'n unieke Afrika-ervaring bied. Die intieme, privaat en luukse tent-chalets is hoog in die boomtoppe weggesteek. Die tent-chalets beskik oor gesonke baddens, binne- en buite-storte en groot dekke. Al ons akkommodasie bied 'n keuse van 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens.

Geniet 'n informele, ontspanne atmosfeer. Begin die dag met koffie en varsgebakte beskuit en gaan wandel dan 'n entjie met ons leeus. Na 'n stewige ontbyt kan jy bloot luilekker om die swembad ontspan terwyl jy 'n ogie oor die watergat gooi. 'n Namiddag bosveld-wandeling saam met die leeus sal jou lus maak vir 'n heerlike skemerkelkie by ons pragtige klein kroeg onder die enorme Huilboerboon. Aandete word bedien in die boma of op die lodge se veranda.

Geen kinders onder die ouderdom van 6 word toegelaat nie, aangesien ons boomhuise baie hoog is.

Ons maak witleeuwelpies groot om mense bewus te maak van die hulpkreet van beide witleeus en gewone leeus. Die Afrika-leeu is bedreig. Daar is verskeie planne gemaak en stappe geneem om die leeu-populasie te beskerm. Dit het gebeur na die verskriklike ontdekking dat die leeu-populasie se getalle drasties aan die afneem is. Ons is trots om deel te wees van die landwye poging om ons leeus te beskerm. Kom ervaar die opwinding wat die wandelings en kontak met ons witleeus aan gaste gee.

Ander doendinge sluit in: wildritte, bosveldwandelings, daguitstappies na die Krugerwildtuin in oop voertuie en bootvaarte op die Blyde-dam waar jy ons beroemde kloof van die binnekant kan sien. Die Moholoholo diere-rehabilitasiesentrum word sterk aanbeveel asook die Hoedspruit Bedreigde Spesie-sentrum. Die Panorama-roete en die Krugerwildtuin is 'n kort en maklike motorrit van Lion Tree Top Lodge af.

Die eienaars van Lion Tree Top Lodge is al in die onthaalbedryf sedert 1995 en dus belowe ons persoonlike aandag en sorg te alle tye.

Kenmerke

Swembad

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 9 resensies vir Lion Tree Top Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Guernsey Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Lion Tree Top Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4645f508891bd50707fe0aa7676352a1add8db704dda18902df50f63ece30ba78afb3e9c7c2c8e82f100b4c18c32571ea381?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 Guernsey Nature Reserve Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.522718 31.12224