Lions Head Apartment by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lions Head Apartment by CTHA is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Vredehoek, Kaapstad. Dié kompleks is naby verskeie sake- en ontspanningsgeriewe in en rondom die Kaapse middestad.

Dié woonstel is op die onderste verdieping, het slaapplek vir 2 volwassenes en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, wasmasjien, eetgerei, breekware en kookgerei.

Die leefarea het 'n platskerm-TV met Netflix en 'n DVD-speler. WiFi is ook beskikbaar en daar is 'n werkarea. Die oopplan-leefarea lei na 'n eksklusiewe tuin. Parkeerplek is in die straat beskikbaar.

Die kompleks is ook naby restaurante, kroeë en winkels. Dis 5,4 km vanaf die Tafelberg-kabelkarretjie en 18 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Lions Head Apartment by CTHA sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lions Head Apartment By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za