Lisa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lisa is 'n lieflike selfsorg-huis in Struisbaai, net 'n paar treetjies van die strand af en spog met wonderskone uitsigte oor die see. Struisbaai is 'n bekoorlike vissersdorpie in die Overberg in die Wes-Kaap.

Dié ruim huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 7 gaste. Elke kamer het'n dubbelbed en daar is 'n enkelbed in die leefarea. Die eerste badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n stoof, 'n mikrogolfoond, en eetgerei. Die 'n aparte waskamer het gerieflikheidshalwe 'n vrieskas en 'n wasmasjien. Die kombuis bied toegang tot die oopplan-leefarea wat 'n eetkamerstel vir 6, gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV het. Gaste kan gerus hul eie dekodeerder en slimkaart saambring om DStv te kyk.

Vanaf die leefarea bied skuifdeure toegang tot die groot patio met ingeboude braaigeriewe en asemrowende see-uitsigte. Parkeerplek is in 'n motorhuis op die perseel beskikbaar.

Gaste kan aan die talle watersporte, waarvoor die area bekend is, deelneem soos kajak en vlieërbranderry. Besienswaardighede in die area sluit die Agulhas Nasionale Park, Spookdraai-staproete en die Waenhuiskrans-grotte in.

Slaapplek

'n Bespreking by Lisa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lisa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false