LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Little Brak River House 35764 | LekkeSlaap
+18

Little Brak River House 35764

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2020 tot 10 Jan 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat 7, Klein-Brakrivier, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 600 R4 140 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Little Brak River House 35764 is 'n ruim selfsorghuis vir 10 in Klein-Brakrivier. Dis net 110 meter vanaf die riviermond en bied maklike toegang tot die strand tydens laaggety.

Die verblyf beskik oor 'n vierslaapkamerhuis en 'n eenslaapkamerwoonstel. Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 kamers, 3 badkamers, 'n boonste kombuis en leefarea en 'n onderste oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en lei na 'n balkon wat met die leefarea gedeel word. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is op dié verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Die kamer maak van 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n toilet gebruik.

Die ander 2 kamers is onder en deel 'n bakamer met 'n bad en 'n aparte toilet. Een van die kamers het 'n koninggrootte-bed en die ander kamer het 2 stapelbeddens en bied slaapplek aan 4 klein kinders.

Die oopplan-kombuis op die eerste verdieping het 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het 'n TV, ingeboude braai en toegang tot die balkon.

Die onderste oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis se agterdeur maak op 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai oop.

Gaste kan hul maaltye by die groot etenstafel geniet of in die sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale ontspan. Die sitkamer lei na 'n onderdakstoep.

Die woonstel agter die eiendom het sy eie ingang en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die oopplan-kombuisie het 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware en gaste kan in die sitkamer ontspan.

Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring. Daar is parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Little Brak River House 35764 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xKinderstapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Malherbestraat 7, Klein-Brakrivier, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R4 600
Vanaf R4 140
per nag (plek vir 12)
was R4 600
Vanaf R4 140
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat 7, Klein-Brakrivier, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA52591f9f4d2b81e153796e3693fa14fcbe8c9526466ba7e629ff3af6919e6fc494e0e803679daa09a0d34cca22f6a8965635?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R4 600, nou Vanaf R4 140  per nag (plek vir 12) 7 Malherbe Street Klein Brak River 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.088519 22.145038
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!