Little Eden

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Eden is aan die voet van die Outenikwaberge in Denneoord, George, geleë. Dit bied gehalte-verblyf vir 'n paartjie of 'n sakereisiger. Die woonstel is naby al die geriewe, besienswaardighede en doendinge in die omgewing en dit is die ideale basis waarvandaan jy die area kan verken. Dis 15 minute se ry vanaf George se middedorp en 30 minute se ry vanaf die naaste strand.

Die woonstel het 'n ruim slaapkamer met 'n gemaklike dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, spabad, verhitte handdoekreling en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv en Showmax. Gaste het ook toegang tot onbeperkte WiFi. Daar is ook 'n geelhout-etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Die opwaskamer het 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n wasbak.

Dit het ook 'n privaat stoep met braaigeriewe en dis die ideale plek vir gaste om te ontspan.

Die woonstel het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Little Eden sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Eden gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false