Little Green Sunbird

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Green Sunbird is 'n ouwêreldse selfsorgvilla teen 'n heuwel wat oor die Selborne Park Gholflandgoed uitkyk. Die uitstekende uitsig vanaf die balkon oor die goed onderhoude tuin met welige plantegroei en oorgenoeg kleinwild, maak dit die ideale ligging vir ontbyt en skemerkelkies.

Die villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Daar is 2 enkelbeddens in elkeen van die slaapkamers en die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgdoeleindes. Kombuistoebehore sluit 'n ketel, broodrooster, mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien in. Die sitkamer het 'n groot platskerm-TV en 'n volledige DStv-pakket wat verseker dat gaste nie hulle gunsteling-programme misloop nie.

Gaste wat by die Little Green Sunbird kuier word uitgenooi om van die uitstekende geriewe by Selborne Park Gholflandgoed gebruik te maak. Buiten die goed versorgde 18 putjie-gholfbaan met 'n baansyfer van 72, is daar ook 'n kristalhelder swembad, tennisbane met spreiligte, en 'n speelarea met 'n klimraam, swaaie, glyplanke en 'n plonspoel vir die kinders. Die landgoed se gholfklub het ook 'n restaurant en kroeg waar heerlike maaltye daagliks bedien word.

Slaapplek

'n Bespreking by Little Green Sunbird sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Green Sunbird gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false