Little Heaven Lagoon House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Heaven Lagoon House, 'n ruim dubbelverdiepinghuis, is geleë in die stil Poortjies-gebied in Plettenbergbaai, minder as 300 m vanaf die ingang tot die prag en plesier van die Keurbooms-lagoon, en 5 minute se stap na die Market Square-inkopiesentrum.

Die boonste verdieping bestaan uit 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis, aparte opwas-/wasgoedarea, sithoekie, gastetoilet, eetarea met 'n groot eetkamertafel, asook 'n ruim sitarea met 'n kaggel en DStv. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braaiplek en 'n uitsig oor 'n boomryke park. Die huis is lekker ruim, gerieflik en rustig.

Die huis bied 'n dubbeldeur-yskas, dubbeldeur-vrieskas, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser

Die 5 slaapkamers en twee badkamers is op die grondvloer. Die slaapkamers is almal ruim met volop pakplek in ingeboude kaste.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Drie van die ander slaapkamers het dubbelbeddens. Een van hulle het 'n buitedeur na die agtertuin. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer beskik oor 'n bad, stort en toilet.

Linne en handdoeke word verskaf. Swemhanddoeke is huurders se eie verantwoordelikheid

Geen telefoon is beskikbaar nie.

WiFi kan op aanvraag teen 'n ekstra fooi gereël word.

Daar is diefwering op al die grondvloer-vensters, asook 'n alarmstelsel, en die erf is ten volle omhein. Parkeerplek vir motors is op die erf beskikbaar en daar is 'n enkelmotorhuis met direkte toegang tot een van die slaapkamers.

'n Minimumverblyftydperk mag van toepassing wees.

Slaapplek

'n Bespreking by Little Heaven Lagoon House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Heaven Lagoon House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false