Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Rock Guest House

  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 20, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Little Rock Guest House is in die pragtige dorpie Jongensfontein geleë, net 'n paar meter van die see af. Klop hier aan as jy op soek is na pragtige see-uitsigte en asemrowende sonsondergange. Jongensfontein is 15 km vanaf Stilbaai, net 'n klein entjie van die gebaande weg af. Dit is gemáák vir natuurliefhebbers.

Ons 7 ruim kamers het see-uitsigte en en suite-badkamers. Elke kamer is toegerus met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, elektroniese kluis, platskerm-TV met DStv (Gasvryheidspakket) en badkamergeriewe. Twee van die slaapkamers het slaapbanke vir die kleinspan. Daar is 'n woonkamer, kroegarea, eetkamer en 2 ingeboude braaiplekke.

Ons Kontinentale ontbyt sluit vrugte, jogurt, ontbytgraan, varsgebakte bederfies in. 'n Warm ontbyt is ook beskikbaar. Aandetes en braaipakke is beskikbaar op versoek. Jongensfontein het 'n restaurant en daar is 'n paar eetplekke in Stilbaai.

Verken gerus die voetpaadjie langs die see, vertoef 'n rukkie by een van die bankies, en verloor jouself in die eindelose uitsig oor die oseaan. Doendinge in die omgewing: visvang van die rotse af, diepseehengel, swem, snorkel, skubaduik, surf, voetslaan, en bootvaarte op die Gamkarivier en meer. Hou jou oë oop vir dolfyne wat in die branders baljaar. Bespreek tussen Julie en November as jy walvisse wil sien. Daar is 'n gholfbaan en bergfietsroetes in die omgewing. En dit is altyd die moeite werd,om Inverroche Gin Distillery in Stilbaai te besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 40 resensies vir Little Rock Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ettiene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Jaar gelys 7

Ligging

  • Strandstraat 20, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Rock Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 20, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGzH1djeSKrKjJ5DRSY5hxubgTbVZQsTjFjaFAb41NKUr7BOqWu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 20 Strand Street Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -34.427666610361 21.336854373016
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem