Lobster On Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

Lobster On Sea is 'n helder, lugtige en ruim selfsorghuis met 'n uitsig oor die see in Genazzanno. Troeteldiere word nie toegelaat nie en die verblyf is nie geskik vir studentegroepe, henne- of rampartytjies of enige ander partytjies nie. Dis net geskik vir gesinne of paartjies. Let wel dat slegs 5 gaste met kinders van 5 jaar of ouer toegelaat word.

Die huis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 2 driekwartbeddens, 'n groot lessenaar en 'n groot sondek met 'n 180°-uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n TV. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis en eetarea is oopplan. Die gebruik van die wasmasjien is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, gasstoof en 'n oond. Daar is 'n etenstafel met sitplek. Die ruim sitarea het 'n platskerm-TV en 'n dagbed vir 'n ekstra enkelgas. Die hoofingang van die huis het 'n alkoof met sitplek. Die huis se handdoeke mag nie vir swem gebruik word nie. Gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Let. wel dat die een ingangspunt na die woonbuurt verby 'n informele nedersetting gaan wat 2,5 km vanaf die huis is.

Ballito is 10 km weg, King Shaka Internasionale lughawe is 6 km weg, Umdloti is 7 km weg en Umhlanga is 20 km weg. Die Sugar Rush Park is 15 km weg. Daar is ook bergfietsroetes, 'n skoonheidsalon, wipmatpark, reptielpark en speelgrond vir kinders in die area. Die gastehuis is naby al die hoofstrande en besienswaardighede in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Lobster On Sea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lobster On Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R880 per nag (plek vir 5)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za