Lodge 97 - Pinnacle Point

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Lodge 97 Pinnacle Point Beach and Golf Resort is 'n volledig gemeubileerde dubbelverdieping-lodge met selfsorg-geriewe wat in die veilige Pinnacle Point Estate geleë is. Dié landgoed is ideaal vir kranige gholfspelers, en is 400 km vanaf Port Elizabeth en Kaapstad en net 'n halfuur se ry van George-lughawe af.

Pinnacle Point is aangewys as die beste gholfbaan in Suid-Afrika. Dié invloedryke toekenning is in November 2016 by die 3de Jaarlikse Wêreldgholf-seremonie by die Conrad Algarve in Portugal oorhandig.

Lodge 97 bied 'n uitsig oor die swembadarea en het beperkte uitsigte oor die see. Dié lodge is naby die hotel en casino en is dus stapafstand van verskeie restaurante af.

Lodge 97 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die moderne kombuis bied oorgenoeg ingeboude kaste en sluit 'n stoof, oond, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër, mikrogolf en ketel in. Die eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele. Die gemaklike sitarea lei deur skuifdeure na 'n patio met stoepmeubels en ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n pendeldiens beskikbaar na die park, gholfbaan en casino.

Slaapplek

'n Bespreking by Lodge 97 - Pinnacle Point sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lodge 97 - Pinnacle Point gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 215 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false