Lodge on Boulevard

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lodge on Boulevard is in die hoofstraat van Prieska geleë, net oorkant die GWK-vulstasie en 24 uur-geriefswinkel. Dit is stapafstand van alle winkels en besighede af.

Verblyf word aangebied in 4 luukse kamers wat elk ingerig is met lugversorging, DStv en 'n eie badkamer met 'n stort. Elektriese komberse word gedurende die winter voorsien. 'n Gemeenskaplike sitkamer, kombuisgeriewe en braaigeriewe is ook beskikbaar.

Cinnamon Kamer 1 het 'n ommuurde binnehof vir privaatheid, 'n dubbelbed en badkamer met 'n stort. Dit is ideaal vir 'n paartjie of enkelreisiger.

Thyme Kamer 2 het 'n ommuurde binnehof vir privaatheid, 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Dit is ideaal vir 'n paartjie of enkelreisiger.

Rosemary Kamer 3 is 'n gesinskamer en bied slaapplek vir 4 mense met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die kamer het sy eie badkamer met 'n stort asook 'n skuifdeur wat na 'n gemeenskaplike braai-area lei.

Lavender Kamer 4 is 'n gesinskamer met slaapplek vir 3 mense in 'n koningingrootte-bed en 1 enkelbed in dieselfde kamer. Dit het ook sy eie badkamer met 'n stort asook 'n skuifdeur wat lei na die gemeenskaplike braai-area.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lodge On Boulevard gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false