Loerie Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Loerie Inn is in Rustenburg geleë en bied B&B-akkommodasie vir oornagverblyf, vakansiegangers en sakereisigers.

Daar is 10 en suite-slaapkamers wat elk beskik oor lugversorging of 'n waaier en 'n TV met DStv. Die kamers is goed ingerig om gaste welkom te laat voel. Elke kamer het oor die algemeen 2 enkelbeddens, maar dit kan aangepas word volgens gaste se behoeftes. Omtrent al die kamers lei na die binnehof met sy swembad. Verder is daar ook braaigeriewe vir gaste se gebruik.

Loerie Inn kan tot 20 gaste akkommodeer vir konferensies en ons kan spyseniering doen indien dit vooraf gereël word. Ontbyt, middagete, middagetepakkies en aandete is op versoek beskikbaar. Loerie Inn is in die hartjie van Rustenburg geleë.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loerie Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za