Loerie Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Loerie Lodge is 'n selfsorgvilla op die veilige Eden Rock Forest Estate in Pennington. Dié dubbelverdiepingvilla is ideaal vir diegene wat wil wegbreek uit die stad uit na 'n kusdorp.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en het 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n wasbak, stort en toilet het.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof en ander toebehore toegerus. Die leefarea lei na 'n balkon met stoepmeubels, braaigeriewe en 'n plonspoel.

Daar is 'n dubbelmotorhuis op die grondverdieping en daar is ekstra parkeerplek voor die motorhuis. Die landgoed is langsaan Selborne Gholfklub en is naby die strand en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by Loerie Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loerie Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false