Loerie Park Akkommodasie by Loerie Park Apartment | LekkeSlaap
+16

Loerie Park Apartment

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Akasiastraat 17 , Loerie Park, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Loerie Park Apartment 13 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dupleks wat in 'n stil kompleks in Loerie Park, George, geleë is. Dié kompleks is sowat 8,5 km vanaf Victoriabaai, 11 km vanaf George Lughawe en 4 km vanaf Garden Route Mall. Daar is 'n winkelsentrum net 'n klein entjie van die woonstel af.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n gaste-toilet en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Albei slaapkamers is op die boonste verdieping en het dubbelbeddens. Daar is 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en 'n dubbelbed en 'n enkelstapelbed bo in die tweede slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad, wasbak, toilet en stort en die gastetoilet is op die onderste verdieping.

Die sitkamer is smaakvol gemeubileer en het 'n TV en gemaklike stoele. Die sitkamer lei na 'n patio met braaigeriewe. Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas, stoof, wasmasjien, kombuisgerei en breekware. Veilige parkeerplek is beskikbaar in 'n toesluitmotorhuis en 'n parkeerplek. Gaste kan self kook of een van die vele restaurante in George besoek.

George Gholfbaan is sowat 7 km se ry en Oubaai Gholflandgoed is sowat 22 km ver. George is die ideale plek vanwaar jy die pragtige Tuinroete kan verken wat goue strande, rotsagtige kus, woude, wild, voëls, blomme, asemrowende berge en vreedsame mere insluit. Besoek gerus ook die omliggende dorpies, soos Oudtshoorn, Mosselbaai, Hartenbos, Buffelsbaai, Wildernis en Sedgefield.

Slaapplek

’n Bespreking by Loerie Park Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 15 resensies vir Loerie Park Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Akasiastraat 17 , Loerie Park, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Loerie Park Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Akasiastraat 17 , Loerie Park, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0NDg4ZGFlLWYzODUtNGEwYy1hMDE1LTMyNzgzM2ZjZjNlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 16 Akasia Street Loerie Park 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.964562828966 22.484213858843
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za