Long Beach Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Long Beach Apartment is 'n selfsorgeenheid in Longbeach-woonstelkompleks in Kusweg in die kusdorp Strand geleë en bied fantastiese onbelemmerde see-uitsigte vanaf die woonstel.

Dit bied 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en oond, outomatiese wasmasjien, skottelgoedwasser, ketel, eetgerei en alle breekware. Verder bied die leefarea twee lekker groot rusbanke met see-uitsigte, 'n klein eetkamertafel en 4 stoele, asook 'n 40"-platskerm-TV met 'n basiese DStv-pakket. Gaste is welkom om hulle eie dekodeerders saam te bring. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die kompleks is baie veiligheidsbewus met elektriese omheining, asook toegangsbeheer wat vanaf die woonstel per elektronies-beheerde telefoon toegang kan verleen. Daar is ook veilige sluitbare onderdakparkeerplek met 'n elektries-beheerde skuifhek. Op die grondvlak is daar 'n klein gemeenskaplike braai-area met 'n braaidrom en -rooster wat gaste gerus kan gebruik.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Cheetah Outreach, Strand Gholfklub, Hottentots Holland Natuurreservaat, Somerset Mall en die strand in. Stellenbosch en sy talle historiese en hedendaagse besienswaardighede, insluitend sy gewilde wynroete, is slegs 18 km ver, en Kaapstad en die V&A Waterfront is 45 km weg. Kaapstad Internasionale Lughawe is 25 km se ry ver.

Daar is ook verskeie nabygeleë restaurante in die omgewing, waarvan sommige stapafstand vanaf die woonstel is. Die Strand Gholfklub, skuins agter die woonstelkompleks, is 1 km weg. Doendinge soos swem, hengel, gholf, wynproe, voetslaan, bergfietsry en branderplankry kan in die omgewing geniet word.

Slaapplek

'n Bespreking by Long Beach Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Long Beach Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false