Long Beach Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Long Beach Holiday House is 'n selfsorgvakansiehuis wat in die tweede ry vanaf Long Beach in Kommetjie geleë is. Dit is in Milkwoods met 'n pragtige see-uitsig vanaf die boonste verdieping en is baie naby Long Beach.

Die huis bied slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers, en het 3 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite- badkamer met 'n bad en stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer het ook 'n TV met DStv, en groot glas skuifdeure wat lei na 'n privaat dek met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte- bed en deel 'n badkamer met 'n stort. Dié 3 slaapkamers het ook elk 'n TV met DStv.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien, en eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. 'n Aparte waskamer is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetkamer het sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het 'n L-vormige bank en 'n TV teen die muur met DStv en Netflix. Daar is ook gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n pragtige stoep, met stoepmeubels, 'n buite eetkamerstel vir 8 gaste, en braaigeriewe. Die stoep kyk uit op die ruim omheinde tuin en swembad. 'n Rak vir branderplanke en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Long Beach Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false