Longships Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Longships Self-catering is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis in Plettenbergbaai net 500 m van die strand af. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf na aan die strand en verskeie doendinge op die Tuinroete.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers en dit is smaakvol versier. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers deel die tweede badkamer. Die leefarea is oopplan en die goed toegeruste kombuis beskik oor 'n dubbeldeur-yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oorgenoeg ingeboude kaste vir stoorplek. Eetgerei en breekware is ingesluit.

Daar is ook 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser vir gaste se gebruik. Die sitkamer het netjiese en gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en volledige DStv. Hierdie area lei na die eetarea en 'n binnebraai-area met 'n kroeg asook 'n beskutte patio wat buite-braaigeriewe bevat.

Klein, gehoorsame troeteldiere is welkom in die huis en die perseel is omhein. Daar is parkeerplek vir jou voertuie.

Die huis is naby verskeie restaurante en winkels asook die bekende Tsitsikamma-omgewing wat gewild is vir sy ongerepte strande, natuurreservate en verskeie besienswaardighede en avontuur-toere.

Slaapplek

'n Bespreking by Longships Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Longships Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za