Loubyle Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Loubyle Guesthouse is geleë in 'n rustige buurt in Stella in Noordwes. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na rustige verblyf.

'n Heerlike gerieflike huis wat omskep is in 'n gastehuis! Verteenwoordigers, reisigers, toeriste en locals kom oornag en geniet die stilte en gasvryheid van Loubyle Gastehuis op Stella sowat 47 km van Vryburg af. Tradisionele ontbyt en ligte aandete is beskikbaar op versoek.

Alle kamers het lugversorging. Kaallaagte Gesinskamerkamer (pers en swart kleurskema) met 'n dubbelbed en 'n enkelbed met stort en badkamer. Die Rietvleikamer is 'n gesinskamer (blou kleurskema) met dubbelbed en 'n enkelbed - deel 'n badkamer. Waenhuiskranskamer (groen kleurskema) met twee enkelbeddens - deel 'n badkamer. Makoeispankamer (rooi kleurskema) met 'n dubbelbed - deel badkamer.

Trou-, verlowingsfoto's en foto's vir ander spesiale geleenthede kan in die tuine geneem word. Lieflike braaiplek. Ver van die stadsgewoel naby heerlike stilte en rus. Stapafstand van plaaslike winkeltjies af. 'n Leeuplaas en verskeie wildsplase waar mens kan jag is te vinde in die onmiddellike omgewing. Fietsry om die soutpan vir diegene wat fluks is.

Kom ervaar die gasvryheid van die Noordwes by Loubyle Gastehuis op Stella!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loubyle Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za