Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lugkasteel

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versfeldstraat 26, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 950 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Lugkasteel is 'n ruim dubbelverdiepinghuis in Yzerfontein wat spog met pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en is ideaal vir 'n rustige gesinsvakansie.

Die huis is ongeveer 250 m² groot, het 3 slaapkamers op die grondvloer en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 1 enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n derde aparte gastetoilet. Op die grondverdieping is daar ook 'n ruim kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die eetkamer het 'n tafel en stoele waar gaste etes saam kan geniet.

Die boonste verdieping het 'n sitkamer met gemaklike sitplekke en 'n uitsonderlike uitsig oor die see. Vanaf hierdie boonste gedeelte van die huis, kan gaste op mooiweersdae die hele oseaan vanaf Tafelberg in die suide, Dasseneiland in die weste en die Posberge in die noorde sien. Soms is mens gelukkig om ook 'n uitspattige walvis in die see voor jou te sien baljaar. Die meeste gaste geniet verder om te sien hoe die son agter die horison verdwyn - meestal met 'n pragtige rooi gloed.

Die DStv in die sitkamer bied net beperkte kanale, maar gaste is welkom om hulle eie DStv-kaart en -dekodeerder saam te bring, of met die eienaar te reël dat meer kanale beskikbaar gestel word. Ekstra koste sal ongelukkig gehef word vir die ekstra kanale, maar dit kan met die eienaar onderhandel word.

Die ingeslote binnebraai-area kan via glasskuifdeure vanaf die sitkamer bereik word, en daar is 'n opwasbak en informele tafels en stoele vir 'n gesellige atmosfeer rondom die vuur.

Die hele huis is tot die beskikking van gaste. Die eienaar woon egter baie naby en kan enige tyd gekontak word indien daar behoeftes sou ontstaan wat nie vooraf voorsien is nie.

Dit is belangrik dat gaste ons ongeveer twee uur voor die aankomstyd 'n indikasie gee ten einde reëlings vir ontvangs te vergemaklik.

Slaapplek

’n Bespreking by Lugkasteel sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 64 resensies vir Lugkasteel
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Versfeldstraat 26, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lugkasteel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 950
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R2 950
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versfeldstraat 26, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdbd51f2c95ab159ffb9f68b0ccb90ac9b1427d84a09e0cfe6955c7588636d2ed699ff07d8f88427081852f46826746b29bc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 950 per nag, vir 5 mense 64 5 1 5 26 Versfeld Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.3511923 18.1490544