Luyt the Greatest Oornag Verblyf
Beskrywing
Luyt the Greatest Oornag Verblyf bied oornag-akkommodasie vir moeë reisigers in Noupoort.
Gaste kan kies tussen 3 kamers in die hoofhuis of 1 van die karavaanstaanplekke. Kamers 2 en 3 het dubbelbeddens en daar is 2 enkelbeddens in die Rugby Kamer. Die Rugby Kamer en Kamer 2 deel 'n badkamer met 'n bad en stort, en Kamer 3 het 'n privaat badkamer met 'n stort.
Gaste kan in die gemeenskaplike TV-sitkamer ontspan en maaltye in die eetkamer geniet. Ontbyt en aandete is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Troeteldiere is welkom maar mag nie in die huis bly nie.
Braaigeriewe en onderdakparkeerplek is beskikbaar vir gaste. Gaste kan hul eie braaivleis saambring en slaaie is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Hout is ook op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Tennis
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Luyt The Greatest Oornag Verblyf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |