Bela-Bela Akkommodasie by Mabalingwe - Sekelbosgat 225 | LekkeSlaap
+10

Mabalingwe - Sekelbosgat 225

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Game Reserve 225- , Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 450 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Mabalingwe - Sekelbosgat 225 is 'n selfsorglodge met 'n grasdak wat in die Mabalingwe Natuurreservaat geleë is. Dit is net 28 km vanaf Bela-Bela wat dit ideaal maak vir 'n gesin of groep wat op soek is na 'n gerieflike boswegbreek met verskeie besienswaardighede op die perseel en in die omgewing.

Hierdie lodge is lekker ruim en smaakvol versier met 4 en suite-slaapkamers en oopplan-leefareas. Die slaapkamers het dubbelbeddens of 2 enkelbeddens en die badkamers het storte of baddens, wasbakke en toilette. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien en tuimeldroër.

Daar is gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n boma met addisionele sitplek en braaigeriewe. Daar is ook 'n plonspoel en 'n beskutte tuin.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 4 voertuie. Gaste kan gerus van die gemeenskaplike geriewe in die reservaat gebruik maak, maar sommige doendinge is teen 'n ekstra koste, soos voël- en wildkykritte, om leeus te voer en perdrysafari's.

Slaapplek

’n Bespreking by Mabalingwe - Sekelbosgat 225 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Mabalingwe - Sekelbosgat 225
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Mabalingwe Game Reserve 225- , Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe - Sekelbosgat 225 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 450
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 450
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Game Reserve 225- , Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM5YmRlMGQxLWViYjItNDBkNS1hNjk5LWYzOTQ5YzgyM2Q1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 450  per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 225 - Mabalingwe Game Reserve Bela-Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.849617318105 28.042498867427
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za