Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

MacFarlanes

Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir MacFarlanes
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5
Cathlene R - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cathlene R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker vir ontspanning en die awesome view is 'n bonus.

Stil en rustig, ver van alles vir kilos, al wat jy hoor is bleshoenders en paddas. Die uitsig van die dam en die berg is ontsagwekkend. Die fotos doen nie genoeg geregtigheid nie. Ons hondjies het dit baie geniet! Ons het baie lekker gebly. Dis skoon en netjies en Oom was baie gaaf en gasvry en gereed.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Deirdre B - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Deirdre B
Saam met vriende

Pragtige plekkie.

Heerlike tyd gehad in Hierdie klein stukkie hemel. Die huisie is gemaklik en toegerus met alles wat nodig is. Kaggel was so lekker die koue aande. Die dam en die berg is die mooiste uitsig. Honde kinders het dit net soveel geniet en selfs geswem in die koue water. Oom Leon was baie aangenaam met sy skerp sin vir humor. Sal baie graag weer daar gaan ontspan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

MacFarlanes se terugvoer

Baie dankie Deidre. Dit was 'n groot voorreg om julle hier te kon hë.

MacFarlanes
Carla P - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla P

Ongelooflik mooi en baie lekker.

Pragtig plek, gesin het die visvang en kuier baie geniet. Honde het dit nog meer geniet, groot en klein. Baie dankie Oom Leon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

MacFarlanes se terugvoer

Baie dankie Carla, groot waardeering. Voorreg om julle hier te ontvang en te leer ken!

MacFarlanes
Rudi V - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Rudi V
Saam met vriende

Mooi ligging maar aandag op seker aspekte word benodig.

Mooi ligging, maar daar was geen kerse, flitse om te gebruik tydens die kragonderbreking wat ons heelnag gehad het nie. Daar is LED-beligting op wat nie werk nie. Daar was ook geen DStv beskikbaar tydens ons verblyf. Spinnerakke op ligte en kaste was ook bietjie van 'n afsit.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

MacFarlanes se terugvoer

Hi Rudi, soos jy weet was dit 'n blits bespreking wat direk gedoen is terwyl ons in die Kaap was.

Ons was dus nie in staat om of julle voor die bespreking in kennis te stel dat ons nie op die plaas was nie.

Omdat ons nie op die plaas was nie kon ons ook nie diens lewer met die DSTV en LED probleme nie.

Jammer daaroor.

Ons het gister, Maandag 15 de teruggekom. Die TV-man was vandag hier. Die weerlig het die LMB uitgeslaan en moes die LED liggies ook geaffekteer het. Dit was dus buite ons beheer.

Vra groot verskoning vir die ongerief.

Die spinnerakke was defnitief nie die weerlig se skuld nie! Dit sal nie weer gebeur nie.

Groetnis!

Leon

MacFarlanes
Vanaf
R5 658
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R5 658
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R5 658
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nesshurst-plaas, Langs die S796, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPks3vBmhcHmrEWGvBAIgvg4uJI3VCF34lN6Q7ZRYkdkHy7KtQ9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 658 per nag, vir 12 mense 4 5 1 5 Nesshurst Farm Off the S796 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.447853291631 29.159831755262