Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magalies Wild Game Farm

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vlakfonteinpad RV04, Magaliesburg, 2200, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Magalies Wild Game Farm is in die ou Magaliesburg Natuurreservaat geleë en bied 'n rustige omgewing waar gaste kan wild- en voëlkyk. Verblyf is beskikbaar in 3 selfsorgeenhede, naamlik Loerie-kothuis, Sunflower Huts en die Leopard-boskamp.

Loerie-kothuis is 'n dubbelverdieping-grasdakkothuis met 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en die ander 2 enkelbeddens het. Die slaapkamers is en suite met 'n stort. Daar is 'n dubbelslaapbank in die solder en 2 opslaanbeddens. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n ontbyttoonbank en 'n sitarea met DStv. Daar is 'n motorhawe en 'n groot, privaat lapa met braaigeriewe buite.

Sunflower Huts is 2 houthuise. Een van die huise het 'n dubbelbed en die tweede het 2 enkelbeddens. Daar is 'n privaat badkamer met 'n stort buite. Die kombuis, eetarea en sitarea is met seil omhein wat opgerol kan word om 'n buitelug-gevoel te skep. Ander geriewe sluit DStv, 2 motorafdakke en braaigeriewe in.

Die Leopard-boskamp is in die bos en is sowat 800 m van die hoofopstal af. Die kamp beskik oor 2 houthuisies waarvan 1 'n koningingrootte-bed en die ander 2 enkelbeddens het. Die buitebadkamer en buitekombuis is onderdak. Daar is nie krag nie, maar daar is 'n gas-geiser, yskas-vrieskas, -stoof en sonkragligte, asook 'n boma met 'n vuurput. Die kamp is omring deur bosveld waar diere gewaar kan word. Daar is ook 'n daktent vir 2 gaste op 'n verhewe staanplek vir meer avontuurlustige gaste.

Al die eenhede is vir troeteldiere omhein.

Aktiwiteite op die plaas sluit 'n bosswembad met 'n pragtige uitsig, wild- en voëlkyk, wildritte, bergfietsroetes, voetslaanroetes en wildkyk-areas wat perfek is vir sonsondergang-wildkyk in. Die volgende wildsoorte is te sien op die plaas: blesbokke, impalas, koedoes, sebras, volstruise, duikers, vlakvarke, ystervarke, ratels, tierboskatte en jakkalse.

Die plaas is gerieflik geleë vir daguitstappies na Maropeng, Pilanesberg, Rhino and Lion Park, Sterkfonteingrotte, Hartbeespoortdam en Rustenburg. Daar is baie oulike winkeltjies en restaurante in Magaliesburg/Maanhaarrand-area.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir Magalies Wild Game Farm
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Vlakfonteinpad RV04, Magaliesburg, 2200, Noordwes
  • Gaste dink Magalies Wild Game Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vlakfonteinpad RV04, Magaliesburg, 2200, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRkNmViODE5LTkwMWItNDY0MS1iMGU5LTZkNjY2OTlkODJjOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 Vlakfontein Road RV04 Magaliesburg 2200 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.910632849685 27.394181349558