Little Eden

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Eden is in die bekoorlike dorpie Volksrust geleë en bied gerieflike verblyf vir mense wat Mpumalanga besoek. Dit is perfek vir sakereisigers of vakansiegangers en is die ideale oornagplek vir diegene op reis tussen Johannesburg en Durban.

Die privaat eenheid het 1 en suite-slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en nog 'n slaapkamer met 'n enkelbed. Die tweede kamer deel die en suite-badkamer met die hoofslaapkamer. Die kamers is gerieflik ingerig en goed toegerus om jou warm te hou op koue winternagte.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n gemaklike sitarea en eetarea. Daar is ook 'n volledig toegeruste kombuis en braaigeriewe beskikbaar vir al jou selfsorg-behoeftes. Die eenheid het ook veilige parkeerplek van die straat af en word daagliks skoongemaak vir ekstra gerief.

Volksrust spog met baie beroemde, geskiedkundige slagvelde van Majuba Hill tot Laing's Nek met die bekende tekens van die Boereoorlog. Jy kan jou dae deurbring deur die dorpie te verken of die baie winkels en restaurante in die area te besoek. Tamatieberg, baie na aan ons, is 'n baie gewilde valskermsweef-venue.

Gaste kan 'n rustige piekniek by die Mahawane-dam geniet en die rus en vrede van die natuur waardeer. Jy kan 'n voetslaanpad by Majuba Hill volg of al langs die Slangrivier met sy pragtige watervalle stap. Die bekoorlike dorpie, Wakkerstroom, is ook net 'n kort entjie weg en is 'n absolute toevlugsoord vir die kranige voëlkyker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Eden gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za