Eduanpark Akkommodasie by Magnolia Gaste Eenheid | LekkeSlaap
+36

Magnolia Gaste Eenheid

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Snymanstraat 94, Eduanpark, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Magnolia Gaste Eenheid is in 'n stil voorstad van Polokwane geleë. Die dorp bied verskeie doendinge vir avontuurlustiges, diereparke en sportlokale en word ook as Suid-Afrika se beste jagbestemming beskou.

Die Magnolia Gaste Eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n oopplan-leefarea, kombuisie, 'n badkamer asook 'n aparte slaapkamer. Die leefarea het 'n dubbelbed en 'n sitarea met 'n TV met volledige DStv. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, enkelstoofplaat, breekware en eetgerei. Die eenheid het 'n veilige onderdakparkeerplek.

Die Protea Eenheid is 'n gesinskamer met slaapplek vir 3 met 'n aparte toegeruste kombuis en badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kuierhoekie met volledige DStv.

Die Azalea Eenheid is 'n dubbelkamer met 'n dubbelbed, mikrogolfoond, yskas, stort, toilet en volledige DStv.

Die Dahlia Eenheid is 'n dubbelkamer met 2 enkelbeddens 'n mikrogolfoond, yskas, stort, toilet en volledige DStv.

Die Anneks is 'n ten volle toegeruste oopplan-enkelwoonstel met slaapplek vir 6 gaste, toesluitparkeerplek en volledige DStv.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 66 resensies vir Magnolia Gaste Eenheid
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Snymanstraat 94, Eduanpark, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink Magnolia Gaste Eenheid het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Snymanstraat 94, Eduanpark, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU3MWM5MzA3LTc3MDAtNDNjZC1iNjAzLTQyN2MzODVmZGYxOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 66 5 1 5 94 Snyman Street Eduanpark 0699 Limpopo 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -23.882355119 29.462563991547
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za