Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Magoebaskloof Camping Sites

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magoebaskloof 47.1, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R420 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Magoebaskloof Camping Sites bied 'n verwelkomende oornagplek vir reisigers en vakansiegangers. Ons is in 'n oase van rus en vrede geleë waar gaste kan ontspan en die welige, subtropiese natuurskoon ten volle kan inneem en geniet. Die smaak van skoon en vars bronwater is hemels en die vars lug is verfrissend.

Magoebaskloof Kampterrein is in 'n onverstoorde area wat omring word deur die berge van die Magoebaskloof in Limpopo. Dis naby Tzaneen en Haenertsburg, asook minder as 3 ure vanaf Pretoria. Gaste kan gerus die area gaan verken en die pragtige natuur inneem terwyl die klank van die waterstrome jou ore streel. Indien jy gelukkig is, sien jy dalk net een van die rare Samango-apies.

Daar is 10 kampplekke op die beeldskone plaas wat sowat 64 ha groot is en met sowat 4 ha se tuine en 1,5 ha se damme.

Elke kampplek is sowat 10 m x 10 m en is duidelik afgebaken en gemerk. Die kampplek het sy eie braaiplek en elke staanplek het sy eie kragpunt wat met 'n 15 ampêre uitskakelaar met aardsverlies beskerm word. Daar is ook 'n kraan vir drinkwater, maar gebruik asb. die kombuis vir olierige skottelgoed. Daar is ligte by elke tweede staanplek wat die kampeerterrein 'n bietjie meer verwelkomend maak.

Daar is 'n sentrale area vir opwas met 'n yskas-vrieskas, kookwaterkan, 2 broodroosters, tweeplaatstofie en 'n tafel. Verder is daar is ook kragpunte in die sentrale werksarea.

Die damesgedeelte van die ablusieblok beskik oor stort, aantrekplek en 2 toilette. Die wasbakke is modern en daar is spieëls bo elk, asook 'n kragpunt. Die mansgedeelte is soortgelyk, maar sluit ook manstoilette in.

Alle vloere in die ablusieblok is met swart leiklipteëls bedek.

Daar is 'n vlugbalbaan, staproetes en 3 pragtige watervalle. Tydens hewige reënbuie kan die pad dit moeilik maak om by ons uit te kom, maar dit is steeds vir 2x4's geskik.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 27 resensies vir Magoebaskloof Camping Sites
Netheid
3.5/5
Diens
3.7/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.4/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Prosper Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 146

Jaar gelys 11

Ligging

  • Magoebaskloof 47.1, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Magoebaskloof Camping Sites het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R420
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R420
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magoebaskloof 47.1, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9263d4d2964b0e7d04bd691e1642e99c4fec825ea79300beeed15e2f8c1b6079c5b0058fb645f8baeb6fcce5b7567fcdf75d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R420 per nag, vir 2 mense 27 5 1 4 Magoebaskloof 47.1 Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.869308604836 30.014139476196
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem