Majestic Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Majestic Game Lodge skuil net buite Vaalwater, 2,5 uur vanaf Johannesburg en 2 uur van Pretoria af geleë. Dié wildplaas bied puik verblyf vir familiesaamtrekke en groepwegbreke in die pragtige Bosveld.

Ons het 2 lodges en elke lodge het slaapplek vir 12 gaste.

Die Dam Lodge bestaan het 4 slaapkamers. 3 van die slaapkamers het koningingrootte-beddens die ander kamer het 'n tripelstapelbed. Die aparte chalet het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank. En daar is 2 badkamers in die hoofgebou.

Die lodge se kombuis is ten volle toegerus met alles wat gaste benodig vir sorgvrye selfsorgverblyf. Daar is 'n volledige buitekombuis en 2 toilette by die gemeenskaplike swembad, en 'n wasmasjien is beskikbaar.

Die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n TV met DStv-kanale.

Die lodge het ook 'n dek met braaigeriewe en 'n uitsig oor die dam.

Die Hunters Lodge het 4 slaapkamers. Die eerste 2 kamers het koningingrootte-beddens en die ander 2 het elkeen 2 stapelbeddens. Daar is 2 badkamers en 1 gaste-toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n wasmasjien. Verder is daar 'n buitekombuis met 'n veranda, boma, en koelkamer.

Doendinge in die reservaat: voetslaan, bergfietsry, wildkyk, jag, swem, en kanovaar. Groot 5-avonture is beskikbaar op versoek.

Majestic Game Lodge se wild is legio: blouwildebeeste, rooihartbeeste, gouewildebeeste, blesbokke, witblesbokke, rooibokke, swartrooibokke, sebras, koedoes, waterbokke, bosbokke, duikers, gemsbokke, luiperds, aardwolwe, kameelperde, jakkalse, volstruise, vlakvarke, bobbejane, apies, verskeie voëlspesies, arende, en visarende.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Majestic Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za