Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Makakatana Bay Lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 1 Makakatana, St. Lucia-meer, Mtubatuba, 3935, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R12 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Makakatana Bay Lodge is in privaat besit en is op die oewer van die St Lucia-meer in die iSimangaliso-vleilandpark. Die iSimangaliso-vleilandpark is een van die min natuurlike wonders wat nog oor is waar daar ongerepte strande, groot vleilande en wildreservate in 1 reservaat gekombineer word.

Verblyf word in helder en ruim standaardkamers met 2 enkelbeddens, dubbelkamers, ’n wittebroodsuite en gesinskamers gebied. Elke kamer het ’n privaat uitkykdek en ’n en suite-badkamer met ’n ruim buite-stort en ’n bad, sowel as ’n kroegie, tee- en koffiemaakgeriewe en lugversorging.

Die meeste van die kamers is in die duinwoud geleë en word gereeld deur vriendelike vlakvarke, rooiduikers, njalas, bosapies, voëls en seekoeie besoek. Een kamer het 'n uitsig deur die bos oor die vlei en die ander kamer het ’n uitsig oor die meer. Die wittebroodsuite is privaat geleë met uitsigte oor die vlei. Daar is groot vensters en terrasdeure met 'n muskietskerms wat na 'n privaat uitkykdek lei wat luuksheid soomloos met die omgewing kombineer.

Die hoofarea van die lodge is in die hartjie van Makakatana. Daar is ’n gemeenskaplike area waar alle etes bedien word op die dek wat rondom die lodge strek, of by die boma langsaan. Die lodge het ’n kroeg en ’n privaat bosswembad naby op die grens van die St Lucia-meer.

Die St Lucia-meer bied 'n tuiste vir 367 voëlspesies - daar is maar 'n handjie vol plekke in Afrika wat spog met so 'n groot verskeidenheid. Beleef die bekoorlike vleiland per boot of besoek die Groot-5 by die wêreldbekende Hluhluwe-Umfolozi Wildreservaat. Makakatana sal jou neem na die onbesoedelde strande, omring deur van die hoogste duinwoude in die wêreld. Die ongerepte strande en waters spog met die enigste skilpadteelaarde in die ganse subkontinent. Hier kan jy snorkel, swem en vir lang wandelinge gaan langs Cape Vidal se pragtige strande. Hou piekniek terwyl die golwe jou voete afkoel en vang 'n bietjie Afrika-son. As die seisoen reg is kan bultrugwalvisse, grasieuse walvishaaie en dolfyne ook hier aanskou word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Drankies ingesluit
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Erf 1 Makakatana, St. Lucia-meer, Mtubatuba, 3935, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R12 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R12 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf 1 Makakatana, St. Lucia-meer, Mtubatuba, 3935, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e48083b0b724fd922d8191ed11e42b26f5a3db9907f952d77b1e5333dc5fbe58d001a32e4951b1dcbd6f3ed7eaf05ea7418?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 400 per nag, vir 2 mense Lot 1 Makakatana Lake St Lucia 3935 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-18:00 11:00 -28.238533978603 32.419246588955
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem