by Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa | LekkeSlaap
+36

Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa

Winteraanbod

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2022 tot 31 Okt 2022 gemaak.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duinebessiesingel 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 R2 880 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa is in die skilderagtige dorp, Yzerfontein, net 100 m van die strand af geleë. Hier kan jy saans aan die slaap raak met die gedruis van die golwe wat op die rotse breek.

Dié selfsorgeenheid is op die onderste verdieping van die hoofhuis met 'n privaat ingang en is geskik vir 6 gaste. Daar is 3 ruim slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers het direkte toegang tot die Jacuzzi en verhitte swembad. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak, en die derde badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis, eetarea en leefarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien en lugbraaier toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 4 stoeltjies. Die sitarea het rusbanke, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is parkeerplek op die perseel.

Verder is daar 'n skoonheidsalon op die perseel waar gaste verskeie behandelings kan bespreek. Die elegante boetiek-spa het 'n sessitplek-Jacuzzi, verhitte swembad, oefengeriewe en spa-behandelings. Dié geriewe is ideaal vir bewolkte of winderige dae. Die gimnasium is goed toegerus vir gaste wat wil oefen.

Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa bied 'n ontspanne, romantiese wegbreek of aktiewe vakansie. Die gashere sal ekstra moeite doen om te verseker dat jou verblyf by Maki-Saki onvergeetlik is.

Slaapplek

’n Bespreking by Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 25 resensies vir Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Duinebessiesingel 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • Gaste dink Maki-Saki Selfsorg en Boetiek Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
R3 200 R2 880
per nag, vir 6 mense
Vanaf R3 200
R3 200 R2 880
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duinebessiesingel 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA373d1bd541b8acfb527b0c425261a405e26cdfb0d9c2e6f0628d1829bfbc736862f9de471bffc6683ae6b030c17e8c366594?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 200, nou Vanaf R2 880  per nag, vir 6 mense 25 5 1 5 4 Duinebessie Crecent Pearl Bay 7531 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.367600402327 18.168108399423
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem