Makinky Manzi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Makinky Manzi beteken "iets anders by die water" en is tussen die Losberge - die uitbreiding van die Magaliesberge en die Pilanesberge - geleë. Makinky Manzi is 'n asemrowende, pragtige bosveld-wildplaas met 'n groot verskeidenheid voëls, wild, graslande, heuwels, klowe en 'n fassinerende waterval (seisoenaal).

Die verblyf is stylvol met 'n hartlike en verwelkomende atmosfeer. Daar is 13 oopplan-chalets wat slaapplek bied vir 60 gaste. Afgesien van ons stylvolle verblyf, spesialiseer ons ook in troues. Die trou-seremonie word by die waterval en die onthaal in die Thabile-venue (plek van geluk) gehou. Ons kan ook konferensies, spanbou-geleenthede, feeste, kerkkampe, familie-naweke, spesiale verjaarsdae, funksies en jaareindfunksies akkommodeer.

Al ons oopplan-chalets is ingerig vir selfsorg. Ontbyt is nie ingesluit nie en gaste moet hul eie maaltye voorsien. Indien jy dit so verkies, kan jy 'n lekker Suid-Afrikaanse braai geniet met ure se lag, gesels, stories en grappies by die boma met die hitte van die vlamme wat teen jou wange dans. Ons voorsien die beddegoed, maar gaste moet hul eie handdoeke bring.

Daar is 2 venues vir geleenthede. Die Naledi-saal (die ster) met 'n boma of die Thabile-saal met sy boma.

Op warm somerdae kan jy ontspan in die plaasdam, wat sitplekke in dit het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Makinky Manzi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R730 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za