Makonde Lodge and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Makonde Lodge and Cottage is 13 km vanaf Dullstroom en bied lieflike verblyf, ideaal vir 'n gesin wat wil wegbreek vir 'n naweek.

Die verblyf beskik oor 'n Hoof Lodge en 'n aparte Kothuis.

Die Hoof Lodge is 'n grasdak plaashuis met 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 12 gaste. Elke kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die ander kamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Daar is elektriese komberse vir die wintermaande.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, groot gasstoof en oond, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die leefarea het 'n kaggel, TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Daar is 'n aparte eetkamer met 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste wat uit die kombuis lei. Die kombuis het ook eetgeriewe vir nog 6 gaste.

'n Weber-braai en potjiegeriewe is op die patio beskikbaar.

Die lodge bied 'n Afrika-leefstyl in 'n goed versorgde tuin en het 'n uitsig oor die meer.

Die kothuis het 'n uitsig oor die dam en het 'n oopplan-slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die aparte badkamer het 'n spa-bad en 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof, yskas en mikrogolf, wat ideaal is vir kleiner maaltye. Daar is ook 'n ontbyttoonbank.

Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel, TV met sekere DStv-kanale en 'n vermaaksisteem.

Die eenheid spog met 'n onderdak patio met lieflike uitsigte.

Daar kan op die perseel vis gevang word en gaste word tot een vis per stok.

Gratis hout word voorsien vir braai en kaggels.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Makonde Lodge And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za