Malata Beach 32

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Malata Beach 32 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n kuswoonbuurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en die ideale bestemming vir gaste wat Kaapstad om die omliggende omgewing besoek. Die goue strand is ideaal vir watersport soos vlieërbranderry en seilplankry. Gaste kan ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet ook hier naby ons geniet.

Die woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Hierdie kamer het 'n skuifdeur wat na die balkon lei met oseaan- en berguitsigte. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het gemaklike rusbanke van leer en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die leefarea het ook 'n skuifdeur wat na 'n balkon met 2 sonstoele en 'n draagbare braaier lei. Daar is veilige ondergrondse parkeerplek vir 1 voertuig.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malata Beach 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 142 R1 928 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false