Malata Beachfront Condo 27

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Malata Beachfront Condo 27 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in Bloubergstrand. Die woonstel het 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die see en dit is naby winkels, restaurante en openbare vervoer. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die kombuis is met 'n oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea met 'n TV en eetkamertafel met sitplek vir 4. WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n balkon met buitemeubels en 'n pragtige see-uitsig.

Bloubergstrand is gewild onder mense wat lief is vir vlieërbranderry, seilplankry, staanroei en branderplankry. Die geskiedkundige Robbeneiland en Tafelberg kan vanaf Blouberg en Big Bay se strande gesien word. Die Rietvlei Wetland Reserve is 3,9 km vanaf die woonstel en is perfek vir pieknieks. Die Milnerton Gholfbaan is 'n 18 putjie-gholfbaan met 'n uitsig op Tafelberg en is 8,7 km vanaf die woonstel.

Slaapplek

'n Bespreking by Malata Beachfront Condo 27 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malata Beachfront Condo 27 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 117 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false