Malibu 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Malibu 2 is 'n pragtige woonstel met slaapplek vir 8 gaste reg teen Margate-Noord se strand en naby Manaba se blouvlagstrand. Die woonstel is ideaal vir 'n groter gesin of 2 kleiner gesinne wat deel.

Daar is 4 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan 1 en suite is aan die hoofslaapkamer. Hier is al die luukse van 'n ware tuiste. Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed en enkelbed. 2 van die kamers het slegs 'n dubbelbed en 1 kamer het 2 enkelbeddens.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër in. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Bring egter jou eie slimkaart en dekodeerder vir DStv. Die leefarea lei na ’n groot balkon met ’n gasbraai en tafel vir 8 gaste.

Parkeerplek is beskikbaar in 'n toesluitmotorhuis vir 2 voertuie. Die kompleks se sekuriteit is uitstekend met afstandbeheerde hektoegang en geëlektrifiseerde omheining. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad en direkte toegang tot die strand.

Let asb. daarop dat die eenheid nie vir studente en studentegroepe sonder volwasse toesig beskikbaar is nie. Dit is ook nie vir privaat partytjies beskikbaar nie. Indien ons vind dat daar studente sonder toesig bly of 'n partytjie plaasvind, beteken dit jy het die kontrak verbreek en jy sal sonder terugbetaling uitgesit word.

Slaapplek

'n Bespreking by Malibu 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malibu 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false