Maluti

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maluti is in Dwarskersbos geleë en bied 'n paar eenhede net 120 m van die strand af.

Maluti het slaapplek vir slegs 6 persone en Malutikie is 'n ateljeewoonstel. Maluti het 2 slaapkamers met dubbel- en stapelbeddens, asook 'n badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, oond en 'n eetarea. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n kaggel. Daar is ook braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.

Malutikie is 'n ateljeewoonstel met 'n privaat ingang en is ideaal vir 'n enkelreisiger. Die eenheid het 'n driekwartbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf en eetarea.

Rook is verbode in Maluti en Malutikie, en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Dwarskersbos bied verskeie restaurante en doendinge soos visvang en walviskyk. Jy kan ook die Rocherpan Natuurreservaat besoek of na Velddrif toe ry wat net 14 km ver is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maluti gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false