LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mama Fourie's Guest Cottages | LekkeSlaap
+23

Mama Fourie's Guest Cottages

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mama Fourie's Guest Cottages bied verblyf in Fouriesburg, 'n skilderagtige dorpie tussen die Maluti-berge en is naby die Lesotho-grens. Verblyf word in 'n keuse tussen 3 volledig toegeruste selfsorg-eenhede gebied wat uitsigte oor die boorde, ou sandsteengeboue en Ventersberg bied.

Die verblyf beskik oor 3 kothuise. Kothuis 1 bied slaapplek aan 2 gaste en kothuis 2 en 3 bied elkeen slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Elke kothuis is pragtig versier met unieke emalje-toebehore, sementvloere, wit beddegoed, handdoeke en Shweshwe-materiaal. Die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, met elektriese komberse, muurverwarmers en warmwaterbottels vir kinders. Die badkamer in elke eenheid het 'n stort, wasbak en toilet. Elke kombuis het 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, elektriese braaipan, toebehore, breekware en eetgerei vir 4 gaste. Die eenhede het ook 'n oopplan-leefarea met 'n hout-eetkamertafel, sitkamerstel, 'n TV en 'n DVD-speler. Braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel word ook voorsien.

Mama Fourie's spog met 'n bekoorlike eet- en kombuisarea in 2 klassieke busse wat opgeknap is om gaste 'n unieke eetervaring te bied. Daar is ook 'n Jukskei-kursus en 'n buitelug-skaakbord.

Fouriesburg is binne maklike bereik van Clarens en 9 km vanaf die Caledonspoort-grenspos na Lesotho, wat dit die ideale oornagplek maak vir gaste wat na Lesotho reis. Doendinge in Fouriesburg sluit swem, perdry, wildritte, fietsry, stap, bergfietsry, wynproe en visvang in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 82 resensies vir Mama Fourie's Guest Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Mama Fourie's Guest Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 46, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA216bc8b2b51eb49e835d1f57aad2d36e830214ee7d868845a52ed3d52c694ca5af7e2b050de66fd3f0ceb948d0f92f3860b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 82 5 1 5 46 Roos Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.620954 28.213308
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!