Mandela Rhodes Place Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vanaf 1 Mei 2018 tot 30 Sep 2018.

Beskrywing

Mandela Rhodes Place Hotel bied uitstekende verblyf in 'n leefstylsentrum waar jy kan ontmoet, inkopies doen, proe, verken en bly, en dan is jy nog perfek geleë binne die kulturele kwartiere van die stad. Modern, tog gewortel in herkoms, is dit van hier af waar jy waarlik Kaapstad op sy beste beleef.

Ons luukse hotelkamers bied die opsie om 'n gekookte maaltyd op te tower in 'n goed toegeruste kombuis, óf om terug te sit en die heerlike geregte van ons kamerdiens-spyskaart te geniet. Die groot swembad en terras, verhewe bo die stad, is die ideale plek om te ontspan na 'n sosiale kos-ervaring by ons kenmerkende mede-restaurant, Doppio Zero.

Gaste geniet die nabyheid van die V&A Waterfront en die KIKS waar internasionale geleenthede plaasvind en gereeld deur internasionale besoekers aan Kaapstad bygewoon word. Ons vermoë om groter groepe te akkommodeer of koste-effektiewe pakkette aan klein groepe te bied, maak ons 'n gewilde keuse vir diegene op besoek aan Kaapstad.

Net 'n klein entjie verder is die Atlantiese en Indiese Oseane met van die mooiste strande in die wêreld, en vir diegene wat die vrug van die wingerd verkies, is daar verskeie bekroonde wynplase om te besoek op 'n dagreis platteland toe.

Ons vier die bevoorregte assosiasie met ons naamgenoot, Mnr. Nelson Mandela. Dus verseker ons dat ons diens en personeel die gees van 'ubuntu' inlyf in die behandeling van ons gaste op die manier waarop hulle sou verkies - met warm vrygewigheid, omgee en vriendelikheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mandela Rhodes Place Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 470 R980 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vanaf 1 Mei 2018 tot 30 Sep 2018.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za