Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mandoryn Nege

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 900 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Mandoryn Nege is 'n volledig toegeruste selfsorgvakansiehuis teen die kanaal in Marina, Port Owen. Hierdie luukse eiendom is aan die rustige, pragtige Weskus geleë waar jy kan ontspan en die son dophou soos hy wegsink agter die marina. Van hier af kan jy ook asemrowende sonsopkomste sien wat die begin van nog 'n prettige dag merk.

Die eenheid het asemrowende waterfront-uitsigte vanuit 3 van die 4 slaapkamers wat op die eerste verdieping geleë is. Daar is 'n vermaak-area met 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea asook 'n binnebraai. Vir diegene wat buite wil braai, is daar 'n braai op die stoep. Die opvoudeure wat na die kanaal front, kan heeltemal oopgemaak word en dit skep die illusie van in die buitelug kuier terwyl jy in der waarheid in die vermaak-area sit. Daar is ook 'n waskamer met 'n gasstoof, skottelgoedwasser, tuimeldroër, strykgeriewe en 'n wasgoedlyn buite. Die huis met sonkrag toegerus en gaste sal dus nie deur beurtkrag beïnvloed word nie.

Die Weskus is bekend vir sy uitstekende bootvaart-, ski-, kano- en "paddling"-geleenthede. Port Owen is een van die mees besoekte voëlkykplekke in die wêreld. Die dorpie het 'n paar goeie restaurante en ander klein dorpies in die omgewing sluit in: Paternoster, St Helenabaai en Tietiesbaai.

Die Weskus is ook bekend vir sy verskeidenheid watersportsoorte, soos snorkel, duik, bootvaarte, ski, kano, kajak, seil, seilplankry, vlieërbranderry en diepseevisvang. Port Owen en Admiral Eiland is beroemd onder seiljag-entoesiaste die wêreld oor. Daar is 'n paar plekke waar jy jou voet oor die drumpel steek en op 'n seiljag trap. Binne etlike minute kan jy dan seil op die kristalhelder Atlantiese Oseaan of selfs binneland toe. Die baai, waarin die Bergrivier vloei, is bekend as een van die rustigste en veiligste plekke aan die stormagtige Atlantiese kus hier aan die suidelike deel van Afrika. Die rivier gee toegang tot die kanaal met die huis wat reg aan die oewer pronk. Daar is 'n kaai wat die huis direkte toegang tot die water gee, waar jy 'n boot veilig kan vasmeer. Dit maak die plekkie aanloklik vir boot-entoesiaste.

Die laer area van die Bergrivier het bekend geword as die "hotspot" vir skaars watertrappers. Daar is min ander areas in die land waar soveel skaars watervoëlsoorte gesien kan word. Onlangse skaars spesies sluit in: kleinbloureier, hudsonbaaigriet, witkruisvleivalk en kleingeelpootruiter.

Hierdie huis maak van sonpanele gebruik sodat gaste se verblyf nie deur kragonderbrekings geaffekteer word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Mandoryn Nege sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 46 resensies vir Mandoryn Nege
Netheid
3.7/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mandoryn Nege het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhhZWI3NzY3LTk3NmItNDE1Ny05Njc0LTY2YTc3OGZjNTFkYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag, vir 8 mense 46 5 1 5 34B Port Owen Drive Port Owen 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.785701950989 18.153752801703