Stylish Studio Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stylish Studio Apartment is opgeknap en spog met 'n moderne, kontemporêre ontwerp. Die interieur lyk soos 'n boetiekhotelkamer, nie soos 'n gewone woonstel nie. Die woonstelblok het 'n tuin en 'n swembad, en 'n puik ligging, lekker naby byderwetse restaurante en koffiewinkels.

Die woonstel se slaapkamer en badkamer word deur 'n glasmuur geskei, die vloere is van eikehout en die kombuis het 'n donker plafon en eikehoutafwerking. Dit alles skep 'n atmosfeer van moderne opwekking, maar met genoeg warmte vir gaste om tuis te voel. Al die toebehore en afwerkings is van 'n baie hoë standaard. Daar is slaapplek vir 2 gaste op 'n koninggrootte-bed. Die woonstel het 'n strykyster, swemhanddoeke, 'n TV met Netflix en Showmax, WiFi en 'n rusbank.

Die balkon bied 'n uitsig oor die Kompanjiestuin, so gaan stap gerus daar, voer die eekhorings en geniet 'n glas wyn of 'n slaai by die restaurant. Clifton en Kampsbaai se strande is minder as 15 minute se ry van hier af en die MyCiTi-busroete loop hier naby verby.

Slaapplek

'n Bespreking by Stylish Studio Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stylish Studio Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false