Maori Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maori Villa bied selfsorgverblyf in 'n lieflike gesinshuis met slaapplek vir 10 gaste in 5 kamers en is stapafstand van Llandudno se pragtige strand. Dié huis het 'n swembad en 'n pragtige see-uitsig.

Die boonste verdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n etenstafel met sitplek vir 12 gaste. Die glasskuifdeure lei na 'n patio met braaigeriewe, gemaklike sitplek en 'n see-uitsig. Dit is die ideale plek om te ontspan en saam met virende te kuier, buite te eet of 'n braai te geniet. Daar is trappe wat van die dek af na die swembad en tuin lei.

Die onderste verdieping beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer lei na die swembad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet, stort en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Dié kamer lei na die swembad. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed of 'n enkelbed, en gaste moet deur die tweede slaapkamer loop vir toegang tot dié kamer.

Die huis het 'n swembad met 'n dek reg rondom in 'n tuin met stoepmeubels, sonstoele en 'n buitestort. Die huis het WiFi en 'n alarmsisteem, en gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Maori Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maori Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R16 997 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false