Maré Video Kusweg Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maré Video Kusweg Accommodation is in Strand en bied gehalte-verblyf aan vakansiegangers. Dit is 'n straat vanaf die strand en ideaal naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n slaapbank en 'n platskerm-TV. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, kabels, afstandbeheer en slimkaart saambring. Die sitkamer bied toegang tot 'n sonkamer met 'n gedeeltelike see-uitsig en 'n enkelbed.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe in die kompleks wat gaste kan benut.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek en die gebou het elektriese omheining.

Slaapplek

'n Bespreking by Maré Video Kusweg Accommodation sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maré Video Kusweg Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false