Maranel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maranel is 'n vakansiewoonstel in die Strand, 'n prentjiemooi kusdorp aan die voorheuwels van die Hottentots-Hollandberge tussen Somerset-Wes en Gordonsbaai in die Wes-Kaap.

Die woonstel is op die derde verdieping en het slaapplek vir 2 gaste. Dit het sy eie badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n reënstort. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas, eetgerei en breekware. Die sitarea is ruim en het 'n eetkamertafel, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale. Die eenheid het gedeeltelike see- en berg-uitsigte in Gordonsbaai se rigting en daar is veilige parkeerplek beskikbaar in die parkeerterrein. Hierdie eenheid is nie rolstoelvriendelik nie. Daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area op die onderste verdieping. Die woonstelblok is ongeveer 150 m van die see af en dis net oorkant Kusweg. Daar is verskeie restaurante naby die woonstel. Maranel is 1,2 km vanaf die Spur in Kusweg en omtrent 300 m van die Ocean Basket af. Kaapstad Internasionale Lughawe is omtrent 20 minute se ry weg.

Daar is verskeie toeristebesienswaardighede in die omgewing wat jy maklik op 'n daguitstappie kan besoek, soos Kaapstad se waterfront, Stellenbosch, Hermanus, Breederiviervallei, Franschhoek, die Weskus en verskeie wynplase. Daar is 'n Groot 5-reservaat ongeveer 'n uur weg na Worcester se kant toe op die N1. Besprekings is noodsaaklik.

Slaapplek

'n Bespreking by Maranel sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maranel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false