Marben Manor Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marben Manor Gastehuis is gerieflik geleë net 10 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Die gastehuis word omring deur 'n pragtige tuin met heerlike hoekies waar gaste in die skaduwee kan sit en ontspan. Georgiese elegansie word vermeng met Suid-Afrikaanse gasvryheid en gaste word elke oggend bederf met 'n heerlike, tradisionele ontbyt.

Ons het dubbel- en enkelkamers met en suite-badkamers. Elke kamer is toegerus met ondervloerse verhitting, handdoeke, toiletware, TV, horlosieradio, lessenaar, koffie, tee en beskuit. Die gastehuis self beskik ook oor die volgende geriewe: WiFi, 'n tennisbaan met spreiligte, 'n swembad en 'n stoep. Daar is ook DStv in die gemeenskaplike TV-kamer.

Marben Manor Guest House het ook konferensiegeriewe vir tot 30 afgevaardigdes en ons maak ook voorsiening vir klein funksies (tot 50 gaste). Ons is ook meer as bereid om jou by te staan met toere in Johannesburg en Pretoria.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marben Manor Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za