Mare Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mare Vista is 'n netjiese selfsorgwoonstel wat in die veilige Mare Vista-kompleks in Ramsgate, net 500 m van Ramsgate se Blouvlagstrand, die Blue Lagoon restaurant en die gewilde Waffle House geleë is. Die kompleks is in 'n stil area, maar steeds stapafstand van Ramsgate-boulevard met 'n Spar en verskeie winkels af.

Mare Vista bied slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook 'n toegeboude balkon. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Daar is ook 2 enkelbeddens op die toegeboude balkon.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond en 'n yskas-vrieskas. Die eetkamer het 'n etenstafel met sitplek vir 6 mense. Die leefarea het 'n TV en DStv is beskikbaar teen ekstra koste.

Mare vista is 'n klein en veilige blok met afstandbeheer, 1 motorhuis wat kan sluit, nog oop parkeerplek en 'n gemeenskaplike braai-area.

Slaapplek

'n Bespreking by Mare Vista sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mare Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false