Marenostrum 23

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marenostrum 23 is minder as 100 m van die strand af en in die kusdorpie Keurboomstrand naby Plettenbergbaai geleë. Daar is goeie uitsigte oor die see en die melkhoutbos oorkant die huis. Dis ook stapafstand van die strand af. Gaste kan veral gedurende winter dolfyne en walvisse vanaf die hoofslaapkamer en die balkon sien.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-leefarea en kombuis wat volledig toegerus is. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n en suite-badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Die derde badkamer word gedeel.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, diepvrieskas, stoof, oond, mikrogolf en ketel. Ander geriewe sluit 'n TV, DStv, wasmasjien, tuimeldroër en veilige parkeerplek in. Daar is 'n ingeboude braai op die balkon.

Mare Nostrum is omhein en bied 'n groot grasperk waar kinders veilig kan speel. Die huis se balkonreling is met maas-draad beveilig om te keer dat klein kinders deurklim.

Daar is verskeie doendinge in die omgewing soos swem by die Blouvlagstrande, aparte paadjies vir draf en fietsry, visvang, bootvaarte op die see en rivier, kanovaarte en motorbootwaterski. Enrico se restaurant is sowat 2 km vanaf die huis en bied 'n fantastiese see-uitsig.

Slaapplek

'n Bespreking by Marenostrum 23 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marenostrum 23 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za