Margate Roundevoux 63

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Margate Roundevoux 63 is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 8 mense. Dit is net 100 m van Margate se strand af geleë.

Die woonstel het 4 kamers met lugversorging, wat 2 volledige badkamers met baddens en storte deel. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde kamers beskik elk oor 'n dubbelbed. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer beskik oor 'n TV met DStv.

Die ruim oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, wasmasjien en tuimeldroër. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel nuttig of in die leefarea ontspan voor die TV met DStv. Die leefarea lei na 'n balkon met braaigeriewe.

Die gebou het privaat parkeerplek en ekstra parkeerplek is in die gebou langsaan beskikbaar.

Margate Roundevoux 63 is stapafstand van verskeie restaurante en die strand met lewensredders.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Margate Roundevoux 63 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false