Thompsonsbaai Akkommodasie by Marichel 9 | LekkeSlaap
+18

Marichel 9

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Marichel 9, Thompsons Bay, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Marichel 9 is in een van die gewildste woonstelblokke wat oor Thompsonsbaai in Ballito uitkyk geleë. Thompsonsbaai is gelys as een van die top 100 strande in Suid-Afrika. Marichel 9 bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste.

Die woonstel bestaan uit 4 pragtige slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n koninggrootte-bed en dit maak oop op 'n groot patio wat na die see se kant toe kyk. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en die kamer het ook 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die vierde kamer het 'n oorhoofse waaier en 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort met 'n aparte toilet en wasbak langs die kamer, dit word ook gebruik as die gaste-badkamer. Alle linne is 100%-katoenperkallinne. Strand- en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n oond, stoof, 2 yskas-vrieskaste, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n mikrogolfoond. Die kombuis is oopplan en dit lei na die eetkamer en woonkamer. Jy kan van daar af na die patio uitloop waar jy die pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan kan geniet. Die patio is lekker beskut met 'n gerieflike sitarea. 'n Groot gasbraai is beskikbaar op die patio waar luilekker al fresco-aandetes benut kan word. Marichel 9 is uniek in die sin dat die eienaars besluit het om die 2 motorhuise in 'n tweede sitkamer te verander. Hierdie lekker vertrek beskik oor 'n TV met volle DStv. Daar is ook 'n studeerkamer met WiFi. Die eenheid het noodkrag sodat jy nie in die donker hoef te oorleef as beurtkrag of 'n kragonderbreking plaasvind nie.

Hierdie eksklusiewe woonstelkompleks is in 'n Bali-styl gebou en daar is 'n gemeenskaplike swembad waarin jy kan afkoel. Op dieselfde vlak as die swembad is daar ook private toegang tot die strand en ongelooflike uitsigte oor die see. Thompsonsbaai is tussen Ballito en Salt Rock geleë en is net 5 minute se ry van die winkels af. Daar is 'n aantal oulike koffiewinkels om van te kies, insluitende die Salt-koffiewinkel wat net 10 minute se stap ver is. King Shaka Internasionale Lughawe is ongeveer 20 km weg. Die naaste stad is Durban en dit is 50 km ver.

Marichel 9 het 'n baie romantiese atmosfeer. Dit is net eenvoudig 'n ongelooflike wegbreekplek en jy sal weer en weer wil terugkom. Die eenheid is nie geskik vir matrikulante en studente nie.

Geen studente/skoliere sal aanvaar word tensy hulle vergesel is deur hul ouers nie. Dit beteken ook dat geen matrikulante of diegene wat nou net matriek klaargemaak het toegelaat sal word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Marichel 9 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Marichel 9
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 87, Marichel 9, Thompsons Bay, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Marichel 9 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Marichel 9, Thompsons Bay, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYyMmNjNDA4LTYwOGYtNGRhNC05NWUwLWFhZmQ5M2NkNDk4ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 9 Marichel. 87 Ocean Drive Thompsons Bay 4390 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.5185 31.226619444444
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za