Greyton Akkommodasie by Marina Cottage | LekkeSlaap
+23
+23

Marina Cottage

  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross Market-straat 14, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Marina Cottage is 'n romantiese kothuis vir 2 gaste in die hartjie van Greyton, net 50 m van die bekende Saterdagmarkie af en stapafstand vanaf restaurante en winkels. Die kothuis is baie rustig en stil en in 'n tuin geleë.

Dié kothuis het 1 slaapkamer op die boonste verdieping met 'n dubbelbed wat met 'n dons-duvet opgemaak is en gehalte-linne. Daar is ook 'n elektriese kombers en ekstra komberse in die winter beskikbaar. Die en suite-badkamer het 'n groot, diep bad en komplimentêre bad- en lyfprodukte word voorsien. Die slaapkamer lei na 'n groot houtdek met pragtige uitsigte op die berge.

Die kombuisie, eetarea en leefarea is op die onderste verdieping. Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en daar is tee- en koffiemaakgeriewe, ontbytgraan en vars vrugte volgens seisoen beskikbaar. Die gerieflike leefarea is die ideale plek om te ontspan en te lees. Daar is ook 'n TV met volledige DStv. Daar is verskeie boeke en tydskrifte beskikbaar, asook 'n CD-speler met CD's. Die kothuis het ook WiFi. Daar is 'n lugversorging in die kamer.

Buite is daar 'n lieflike tuin-area met 'n stroompie wat daardeur vloei en die tuiste van verskeie voëls is. Dit is die ideale plek vir 'n braai. Daar is ook 'n buite-eetarea.

NB: As jy enige probleme met knieë, heupe or rug het sal die trappe na die kamer dalk 'n probleem wees vir jou. Dit is nie 'n kothuis vir 'n peuter of 'n baba wat kruip nie. Dit is nie veilig vir hulle nie.

Die kothuis het 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n gewapende reaksie-maatskappy. Daar is 'n rookalarm en 'n brandblusser vir veiligheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Marina Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 38 resensies vir Marina Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Cross Market-straat 14, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Marina Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cross Market-straat 14, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM0NWIwNThhLTg2MTktNDYzMy04N2IxLTEwNGJhYzQwM2Q4Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 14 Cross Market Street Greyton 7233 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.049805670449 19.610320618385
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za