Marina Palms

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

Marina Palms is 'n selfsorg-eenheid teenaan die gewilde Blouvlagstrand in Woodgrange, Hibberdene. Dit is in 'n baie veilige kompleks en het gerieflike slaapplek vir 4 mense. Die eenheid is omtrent 250 m van die Blouvlagstrand by Hibberdene af en 50 m van die strand reg voor die kompleks af.

Die eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefkamer met gemaklike sitplek. Die leefarea lei na die stoep met 'n ingeboude braai en spog met ononderbroke uitsigte oor die see.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Vir kranige vissermanne is daar 'n lang stuk langs die kus wat fantastiese strandvisvang-geleenthede bied. Daar is ook geleenthede vir diepseehengel. Die kompleks bied rus en vrede, maar is net 20 minute se ry van Margate en Port Shepstone winkelsentrums af.

Slaapplek

'n Bespreking by Marina Palms sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marina Palms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R845 R718 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false