Marine Views

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marine Views is ‘n moderne selfsorgsolderwoonstel in die middel van St. Helenabaai en bied ‘n uitsig oor Sandy Point-strand en die hawe. Dis op die tweede verdieping en word via trappe bereik. Die Marine Views-gebou is sentraal geleë en restaurante, winkels, vulstasies en kroeë is in ‘n 5 km-radius.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor ‘n solder met 2 oopplankamers. Die onderste verdieping bied ‘n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea wat lei na ‘n stoepie. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n balkonnetjie met ‘n see-uitsig. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.

Daar is ‘n groot stort en toilet op dieselfde verdieping as die sitarea. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, ketel, broodrooster, Espresso-koffiemasjien, eetgerei, breekware, potte, panne en kookgerei. Die sitarea het ‘n platskerm-TV en lei na ‘n stoepie met ‘n ingeboude braai.

Gratis parkeerplek is in die oop parkeerarea beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Marine Views sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marine Views gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false